'n storie
Die ou hyser kraak tot stilte, en kom dan met 'n onseker bewe tot rus. My hande vou om die hyser se vouhek maar die skeinbaar tingerige metaal wyer om te beur onder die krag van my sterk arms, asof die ou hyser se krag vir beweging nou finaal eers op is. En tog is daar iets dringends en bang aan die hyser se hartklop, asof die rede vir die toe hek niks te doen het met moegheid nie - maar met vrees, vrees vir die donker hersensims van sy eie brein aangesien my eie oë niks verkeerd kan bespeer met die skeinbaar verlate vloer.
'n Sagte kragwoord bewe onder my boonste lip, en dan vou die hek hulpeloos oop. Ek beweeg deur tot op die matbedekte vloer, en voordat ek dit kon stop of paai vryval die hyser na onder, met die vloerwyser bo die hyser se verlate gaping wat nou flikker soos die hart van 'n klein bokkie aan die weghardloop van 'n vinniger luiperd in die hitte van 'n glurende son.
Soos 'n jagter in kort gras beweeg ek oor die ou bevlekte mat. Die reuk van gemorsde koffie en verval waai deur my oorsensitiewe sintuie, maar soos ek my pad maak deur die ontelbare verlate afskortings kom daar ook 'n meer bekende, kalmerende reuk na my sintuie...die reuk van bloed. Die donker koffiemerke op die mat lyk eweskielik so bietjie donkerder en in die refleksie weerkaats deur die geraamtes van 'n ou paar rekenaars sien ek die prominente driehoekstand wat my tipe wese kenmerk.
'n Huiweringswekkende boos-getoonde gegiggel ego deur die kantoorblok, maar die oorweldigende reuk van ou bloed oorweldig my normaalweg rasionale denke. Die kantoorvloer is teen hierdie tyd al pikswart van die bloed, en in die droomwêreld in my kop waad en swoeg ek in 'n rivier van vars en lekker mensebloed wat dreig om enige oomblik my te verdrink.
Eweskielik word my lewenslange fantasie tot 'n end gebring soos ek 'n sagte getjank hoor na die een kant van die gang waarin ek myself bevind. Ek aarsel 'n oomblik - 'n onbeheerde dors vir bloed kan mens maklik in die donkerte inly - maar ek besluit om maar nogsteeds ondersoek in te stel alhoewel ek nou die dorre realiteit van rasionaliteit oor my bloedfantasieë dwing.
Ek hoor haar hartklop se musiek al 'n paar afskortings voordat ek eers haar liggaam bespeur, en voordat sy eers bewus is van my sagte naderkoms het my brein al die hele toneel verwerk: haar sagte vorm lê hulpeloos teen een van die afskortings, haar wit bloes bedek met 'n skakering van haar eie bloed. Haar mooi spierwit naels kontrasteer met haar taankleurige hande, wat weer kontrasteer met die skadu in die vouings van haar hand, wat weer kontrasteer met die bloed wat in veelkleurige tapisserie oor haar hande en wit bloes vloei.
Haar een hand probeer onsuksesvol om die oneindige gevloei van bloed uit haar oopgerukte nekslagaar te stu, terwyl haar ander hand se wysvinger onwetend krul in haar mooi swartkleurige hare. En tog, alhoewel sy besig is om dood te blooi bespeur ek geen vrees vir die onbekende in haar oë - slegs 'n afsku van die pyn wat sy oppad daarheen moet verduur.
Haar swart oë ontmoet uiteindelik myne en slegs nou bespeur ek vrees in haar jong oë. Haar soenbare mond probeer kreun in vrees, maar al wat uitkom is 'n sagte getjank en nog 'n vloed van bloed uit die hap in haar nek. My hand streel haar swart hare, swart hare wat soos 'n versierde gordyn haar aantreklike kenmerke terselftertyd verskerp en wegsteek.
My dors vir bloed wil my op hierdie stadium omtrent oorweldig, en dit vat al my wilskrag om vir 'n oomblik terug te sit en net te besef dat die vampier wat aan haar begin voed het nog in die omgewing kan wees. Ek streel haar wang vir 'n laaste oomblik, en alhoewel ek nog steeds vrees in haar oë bespeur, neem ek ook haar begeerte vir vriendelike kontak waar. Ek uiter 'n sagte kragwoord terwyl ek my hand streel oor die oppervlakte van haar wond, en wanneer ek my hand finaal verwyder het die wond ophou bloei. Die wond self kon ek seker verwyder het, maar ek verkies gewoonlik dat my kos maar in een plek bly.
Dit is dan wat ek ook 'n geritsel agter my hoor, en as ek omdraai dan bespeur ek die skadu van die ander vampier soos wat hy vinnig teen die kant van die afskortings op my afstorm. Die meisie op die vloer kyk verskrik rond - sy besef iets is verkeerd maar haar brein is te stadig om die spoed van ons beweging te volg. Ek ontmoet die ander vampier in die lug, en terwyl my een klou se lang naels in sy sy insteek, dwing my ander klou sy bytende mond van my gesig af weg.
Ons albei val tot die grond, maar staan slaggereed om weer mekaar aan te vat. Die vampier se gesig is agter 'n goue masker weggesteek wat hom onmiddelik weggee as 'n onderling van Die Woord. Selfs die byt op die meisiekind se nek het my al so laat begin dink - maar volgens gerugte het niemand van Die Woord die vorige stamgroepoorlog oorleef nie - maar bleikbaar was die gerugte verkeerd.
Die wond aan die meisie se nek was taamlik onkunstig. Die volgers van Die Woord was gekenmerk vir hul bloeddorstigheid terwyl die vampiere van ons stamgroep darem 'n rasionale beheer oor hul dorslugtigheid kan uitoefen. Ons bytmerke is gewoonlik ook klein, onsigbaar, veral in vergelyking met die groot gaping wat Die Woord se byt gelos het.
Ek self aarsel gewoonlik eers 'n oomblik voor ek my slagoffer buit soos 'n hemelse kalmte oor my kom in daardie heilige oomblik waar al die sintuie tot hul uiterste geprikkel word: die ore 'n slaaf tot die musiek van die slagoffer se hartklop, die neus 'n slaaf tot die reuk van vars lewende bloed en die mengsels van sweet, parfuum, en deoderant wat aan ons slagoffers klou. En dan raak ons lippe aan hul sagte nekke, met die klein wit nekhaartjies wat prikkels regdeur ons liggaams stuur...en dan na 'n sekonde se aarseling by die slagoffer se nek - byt ons versigtig in sy lewensbloed in.
“Aah Donker Een, moet jou tipe hulself alewig besmet met die' wat jul niks baat nie. Die prooi is alreeds besmet met my bloed, en jy het niks met haar te maak nie!"
Hy was reg, as dit nog 'n vampier van my stamboom was kon ek heel veilig aan die meisie gedrink het, maar, en ek sukkel om my eie vrees vir die ampere moontlikheid te bedaar: as ek wel aan haar gedrink het, dan sou ek self in Die Woord kon verander. En dit is 'n noodlot erger as die dood self. In die dood hou mens darem op met dink, terwyl Die Woord verewig 'n hulpelose slaaf bly tot sy meer basiese honger- en haatinstinkte. En ek staan nou in die pad van Die Woord en die prooi wat sy oneindige dors vir bloed kan help les.
Die swart gleuwe in Die Woord se masker trek effens nouer soos sy geduld alreeds aan die verminder is, en sy haat vir my aan die vermeerder. Ek weet nie wat dit is wat my op die ou end laat besluit het nie: miskien was dit die ongemaklikheid van 'n herondekte vrees, of my wesenlike haat van die wese wat nou voor my staan, of die estetiese manier waarop die meisie reg was vir haar dood, of die besefkoming dat as Die Woord sy masker oor haar gesig sou sit - sy self woordwording kon ondergaan.
“Ek is jammer bose vriend - maar ek kan jou nie toelaat om hierdie wese te besmet nie. As ek kon seker wees dat sy sal sterf dan kon ek miskien nog my rug draai, maar haar tyd in hierdie realiteit is nog nie verby nie - en ek moet dus in jou pad staan.”
Sonder waarskuwing storm Die Woord op my af, en alhoewel 'n mens onkant betrap sou word is daar soveel tydintervalle wat 'n mens nie eers waarneem nie. Die skyf van sy oë na die kant het my alreeds besef dat hy iets beplan, toe is daar die effens dieper as gewoon asemteug wat hy neem, toe die effens agteruit beweging van sy arms en bene soos hy sy bolyf in my rigting stoot, en dan die opwaarste beweging van die arms na die hardloopposisie vir balans, terwyl sy mond al die tyd oop is om meer suurstof aan sy aktiewe liggaam te verskaf.
'n Kort kragwoord word deur my lippe gefluister en dan met my arms wat bestuur, stuur ek een van die afskortings in die rigting van die nou springende Woord. Terselfdertyd hoor ek die kreun van die meisie en die pynskreeu van die afskorting soos Die Woord se kloue in die afskeiding ingryp en hul nou bo ons verby tuimel. Nog 'n kort kragwoord volg en die wond aan die meisie se keel is gesond.
Ek hoor en ruik Die Woord weer voordat ek hom sien, en net betyds breuk my vlerke aan die agterkant van my leerbaadjie uit en spring ek dak toe waar ek vir 'n oomblik vasklou, voordat ek afvlieg tot op Die Woord se rug en my skerp kloue in hom in laat sak. Vir 'n oomblik tuimel ons nog op die grond voordat ek die lang mes uit my belt gryp en dit diep diep in sy vleis insteek. Tot op sy laaste probeer hy nog my greep om hom verbreuk, maar dan gee hy finaal sy laatste asem waarmee die goue masker dan ook van sy gesig afval.
Ek aarsel vir 'n oomblik by die lyk voordat ek opstaan - uit respek vir die wese wie se liggaam dit was voordat die goue masker hom so verander het. Ek neem die meisie onder my een arm, sy is tog so bietjie bang vir my ook, maar ek hou haar styf vas, en saam stap ons in die rigting van die hyser. Sy loer vir 'n oomblik nog na die aanloklikheid van die ou antieke masker wat nou glinster op die dorwe vloer, maar effens kwaai vou ek my vlerke om haar vas, en dan kyk sy ook na voor.

0 Comments:
Post a Comment
<< Home