my lucid dream storie
Dit is nog nie klaar nie, maar ek weet ook nie of ek dit klaar gaan maak nie so ek maak maar 'n blog-inskrywing daarvan:
Die hyser kom uiteindelik tot stilte en die bose geeste wat saam met my gery het laat spaander deur die toe hyserdeur met hul normale sielsverdraaiende skreeue. Die meer gemanierde geeste wag egter vir my gemak totdat die hyser se dik metaal deur stadig met 'n ondooie weeklaag oopskyf, voordat hulle ook in die donkerte in verdwyn. Ek beweeg stadig maar seker nader aan die hyser se opening en kyk uitwaarts, soos 'n prospektiewe selfmoordenaar wat vir 'n finale keer uitkyk oor 'n dodelike afgrond. Ek laat my voet twyfelend buite die hyser, maar geen versekerende gevoel van weerstand ontmoet my soekende voet nie, en al wat my oë kan sien is donkerte in alle rigtings behalwe vir pers-grys wolke wat 'n bewegende en Gotiese kunswerk teen die donker hemel verf.
Tog, die ou heks is al een wat my vra kan beantwoord en al wat ek het om te verloor is 'n donker donker siel. Intern is die besluit gemaak, nou ekstern moet ek net 'n wêreld van geeste en hekse aandurf. My swart jas gooi ek saam met my twyfelinge teen die kant van die hyser, en dit sak hartseer en oorwonne na 'n bondel op die vloer. Die koue wind byt teen my kaal bolyf, maar dan vou ek my vampiervlerke uit in die min spasie wat die hyser bied - en spring vasberade in die donkerte in!
'n Koue en sterk wind waai my omtrent van koers af, maar mettertyd vind ek my ritme in die sterk wind en stadig maar seker ondersoek ek die donkerte. Vir ure lank is al wat my vampieroë kan gewaar die bewegende verf van die hemel se pers-grys kunswerk, maar dan, na ure se bekommerde gesoek gewaar ek uiteindelik iets in die verte - soos terselfdertyd 'n reeks hoogsgestemde en onmenslike skreeus my ore bereik. Ek nader die bewegende grys vorms vir 'n beter aansig, en met elke klap van vlerke is dit asof die lug net kouer en kouer word, en al wat my weerhou om na die hyser terug te keer is die feit dat tussen hierdie vormlose vlak van bestaan en die sterk yswind wat my konstant rondgewaai het - het ek nie meer die vaagste benul in watter rigting die hyser geleë is nie.
'n Grys vlermuisagtige wese onderskei homself eweskielik van die swerm onbestemde grys vorms en peil aggresief op my af. 'n Aaklige wese; met 'n velkleur wat nader is aan 'n vuil moerasgroen as die grys wat ek van vêraf gesien het, en oë van 'n ontvlugbare swart karakter. Skerp tande wat so vuil is dat alles wat ek al in hierdie en vorige lewens geëet het eweskielik net na bo wil kom, maar erger as hierdie potjiekos van visuele gruwels is die geskreeu wat soos 'n ego direk van hel deur my hele wese vibreer en my geestesgesondheid met gerasperde naels uitmekaar probeer ruk.
Ek kry dit reg om net-net te koes as die skepsel finaal op my afpeil, en in daardie kort oomblik wat ek my moontlike dood in die gesig staar - is al liefde en deernis wat ek in die wese se haat-gekleurde oë sien die sagte refleksie van my eie bloed. Hierdie wese leef volgens die woordeskat vervat in 'n bose woordeboek, en in daardie oomblik wat ons oë ontmoet verbrand die woordeboek in my eie brein soos my eie definisies van haat, jaloesie en kwaadaardigheid vernietig word, en tydelik vervang word met hierdie wese se meer bose waarheid.
Die vlermuisagtige vorm draai om om nog 'n aanval te loods. Hierdie keer is ek egter gereed en kloue en vlerke meng in 'n deurmekaar warboel soos ons liggame in die lug ontmoet. Sy helse skreeu is nog erger as die vlymskerp naels wat in my tingerige vlerke in sak, en ek maak die besluit om maar in hierdie geval die gebruik van towerkrag te waag.
'n Sagte kragwoord rol oor my lippe en ek voel eweskielik hoe my hand eers begin jik, en dan met groot erns en intensiteit begin brand. 'n Klein straaltjie lig vorm bo my een hand, en binnekort is daar 'n groot bal van lig in my palm wat 'n klein wit kolletjie vorm in hierdie donker kunswerk. Die vlermuis probeer vlug van die wit lig wat nou vanuit my hand in alle rigtings reflekteer maar vind homself vasgepen tussen my ander hand en my groot vlerke wat nou soos 'n plastieksak oor hom vou.
Die wit lig skyn gate in die vlermuis se liggaam en eweskielik verander die toon van sy skreeu na een van marteling na een van pyn. Dit is asof sy stem en gesig eweskielik 'n semi-menslike karakter aanneem soos die vlermuis eweskielik vir die eerste keer pyn en doodsvrees ervaar. Dan word sy greep op my al hoe vlouer en vlouer tot daar net eweskielik 'n verstywing in sy gesigsuitdrukking voorkom en hy in die donkerte inval.
Met sy dood kon ek darem weer bietjie ontspan en ek kon sweer dat in daardie laaste paar oomblikke wat ek hom nog vasgehou het dat sy hele vel bedek was met een of ander antieke skrif. Tog, vertel ek myself, dit is seker maar net my verbeelding. Sekerlik is dit maar net die are van sy vel...verstaan sy vel was alreeds moerasgroen, sy bloed 'n deurskynende ligte blou, en sy brein 'n gemors. In elk geval, ek het nie eintlik tyd vir 'n speurverhaal nie en vergeet nou daarvan.
Met die val van hierdie een vlermuis is dit eweskielik asof die verre geskreeu van die res van die swerm eweskielik verander na 'n haatvolle klaaglied. 'n Paar breuk weg van die swerm en duik agter die oorlede vlermuis aan terwyl die res eweskielik op my draai. Tog hou die skerp lig in my hand hulle op 'n afstand, en vir 'n oomblik is ek soos die kers in die middel van 'n swerm motte - almal wil graag op my afpeil maar die skerp lig in my hande is 'n bringer van pyn en dood.
'n Diep stem vibreer dan deur die vlermuise se klaaglied, "Laat hom deur. Dit is nog nie tyd vir ons geveg nie. Sy oorwinning is van geen gevolg in die groot warrelstroom van tyd nie; ek sal hoor wat hy te sê het." Die vlermuise laat spaander in die rigting van waar hulle gekom het en gaan hang onderstebo in die hemel. Meeste van hulle sluit hul oë maar 'n paar hou aan om my naderkoms met haatgevulde oë te volg. Die geskreeu van vlermuise het egter nog nie heeltemal bedaar nie soos 'n paar vlermuise terugkom met die lyk van die oorledene, en in hierdie slaghuis van onderstebo vorms saggies aangaan met hul lied van hartseer en haat.
Die lykdraers beweeg in 'n ander rigting as waar die res van die vlermuise onderstebo slaap, en ek volg hulle tot 'n klein entjie weg waar ek 'n ry vreemde portrette teen 'n onsienbare muur (nes die vlermuise gehang het teen 'n onsienbare dak) gewaar. Die portrette is baie naturalisties in karakter, maar dit is asof al die eindprodukte om een of ander rede baie somber uitgekom het. Ek wonder nog of dit 'n fout van die kunstenaar was, en of al hierdie mense maar net intrinsiek bose voorkomste het toe een van die portrette se gesigte letterlik draai en in my rigting kyk.
Die wit lig in my hand flikker woedend soos ek die gesig beskou: lang donker hare hang oor 'n donkergebrande gesig, en die oë is konnoterend van iets onheilspellend en ontsnapbaar. En tog sien ek nie haat in die gesig se oë nie, asof die wese selfversekerd weet dat sy tyd vir heerskappy oor ander nog gaan kom as gevolg van een of ander onderliggende beginsel van die heelal - en dat daar dus geen rede is om op hierdie stadium haatvol teenoor my te wees nie.
En tog, is hierdie besefkoming van my nog meer vreesaanjaend as die haat van al die vlermuise te saam, want hierdie wese is die kern, die skepper van haat en alles wat boos is - en hy is rasionaal genoeg om sy lewenswyse te laat realiseer. Ek sluk swaar, en die wese moes my gedagtes in my oë gewaar het want hy lag 'n lang baritoon lag wat deur die lug vibreer en dit 'n verstikkende kwaliteit gee.
Die gesigte in van die ander portrette lag saam, terwyl ander weer hardop huil, en ander my met haat aanskou, terwyl ander se portrette van karakter verander na gruwel landskappe - en ek as hulpelose aanskouer van hul kuns moet aankyk soos hulle in naturalistiese detail in hierdie tonele uitbeeld hoe hulle hulpelose slagoffers moord, mollesteer en verkrag.
Dan is alles weer soos dit was, en die wese praat met my, "Al hierdie wat jy nou gesien het se tyd sal nog kom. Jy is maar 'n peon in die skaakspel wat stadig maar seker met tyd gespeel word tussen donkerte en lig, en tog staan jy nou voor die koning van die bose." Die wese blaas saggies en die helder lig in my hand gaan summier dood en orals om my is dit pikdonker. Tog kan ek nog die wese se profiel in die donkerte uitmaak soos hy aanhou praat, "Jy het niks hier te vrees nie - selfs jy het jou plek in hierdie skaakspel alhoewel vir jou voel asof jy 'n wese van vrye wil is - is dit maar net illusie."

0 Comments:
Post a Comment
<< Home