verlate hysbak
Hy stap stadig en onseker by die donker gebou in. Die muurpapier op die mure het al lankal begin afkrul, en vuil reënwater lek op plekke ongekeerd deur die dak soos donker bloed. Die ou hyser se hek buig nog skaars onder die getrek van sy skerp arms en die hyser se lig is lankal geblaas. Hy kyk in die donkerte van die hyser in, en voel stadig sy pad na binne. Op die muurpaneel druk hy 'n paar knoppies waarvan een flikker vir 'n oomblik soos 'n kers wat doodgedruk word - maar verder gebeur niks nie. Hy verlaat die hyser, en dan die gebou.

0 Comments:
Post a Comment
<< Home