Friday, April 14, 2006

ontspan

Soos die deur agter my toemaak, laat ek myself toe om te ontspan. Ek maak my hare los en trek my skoene uit. Kyk aspris weg van die alewige hysbakspieels. Ek wil nie sien hoe my mascara gesmudge het nie. Ook nie hoe my hare lyk soos 'n kat wat sy poot in die plug gedruk het nie.
Ek kan net my oe rus en my gedagtes laat gaan. Vir die paar oomblike totdat ek weer sien die hysbak kom tot 'n stilstand.

Dan maak ek maar weer die boring drol van 'n ponitail agter in my nek en trek die martelende skoene aan...

0 Comments:

Post a Comment

<< Home