hy's bak!

Thursday, August 31, 2006

Giggel

Hierdie is glo 'n ware verhaal, soos vertel aan my deur 'n vriend wat dit beleef het. Ek skryf maar in die eerste persoon, (dis interessanter.)

"Ek en my vriend klim in die hyser in, en druk die knoppie vir die vierde vloer. Die deur is nog besig om toe te gaan, toe sien ek vir Barry White*, een van ons dosente, daar aankom en hy klim ook in die lift.

Ons staan ewe niksvermoedend teen die agterkant van die hysbak, terwyl Barry White heel langs die knoppies gaan staan, die nommer druk met die voorpunt van sy wysvinger, en dan staan hy net daar voor die kontroles, en GIGGEL!"

Dit sou minder vreemd wees as Barry White nie so 'n ernstige ou was nie, maar nouja, such is life.

*Skuilnaam

Tuesday, August 29, 2006

kort hysbakstorie (enigiemand welkom om nog lyne by te voeg)

Die hyser gaan oop. En dan toe.

Denkspeletjie

Op watter manier is 'n hyser soos die lewe? Of as jy op die oomblik met iets sukkel - op watter manier is daardie probleem of situasie soos 'n hyser? (lateral thinking)

Of miskien beter gestel - op watter manier is die lewe soos 'n uitstappie in 'n hyser? Dan onmiddelik is die hyser net iets tydelik tussen twee bestemmings...en ons maak 'n keuse om in die hyser in te klim...En die ander mense stamp ons rond of vermaak ons tot ons ons endbestemming bereik - waar hulle saam met ons afklim of verder gaan op hul eie hyseruitstappie...

Miskien soos Niel baie keer se - is ons in hierdie analogie meer-dimensionele wesens, en die hyser is 'n drie-dimensionele uitstappie van een plek in 'n meer-dimensionele (spirituele) omgewing tot 'n ander plek. Of as jy glo in re-birth...dan kom jy miskien by presies dieselfde vloer uit...net om weer op 'n hyseruitstappie te gaan :-D

En miskien soos my kommentaar op RustyRose se post...miskien as jy alleen ry in die hyser...dan kan daardie getik op jou skouer 'n analogie wees vir die bevraagtekening van die realiteit waarin ons onsself bevind. 'n Rondkyk na ons omgewing. A wake-up call for the nintendo generation :-D

En gesien as 'n spiritual journey...en in die konteks van rebirth - is dit nogal 'n baie interessante konsep om te dink dat jy in die hyser kan inklim en maak nie saak watter knoppies jy druk nie - as jy nie leer wat jy moet leer nie dan gaan jy by dieselfde vloer opeindig.

Thursday, August 10, 2006

5 Punt Dare

Wanneer jy in 'n hyser is met net een ander persoon:

Tik hom op die skouer en maak dan of dit nie jy was nie..


Ek het die gedagte nogal snaaks gevind, maar ek het nog nie die geleentheid gekry om dit te toets nie. Elke keer as ek in 'n hyser klim, dan is dit met minstens 2 ander persone, of net ek alleen.

Ah well, dit sal nogsteeds snaaks wees, Al is dit net die gedagte wat snaaks is. :)