portrette?
Hmm...'n portret-storie geskryf. Amper soos die hyser...verstaan nes die hyser is elke portret mos sy eie wêreld. Ensovoorts. (ek het dit nog nie self review nie...sal later...so daar is miskien nog oogbloedlopende foute in)
miere
Ek verdrink in die donker see van die ou kunsgallery se skaduwees, en my heengane is stil, want geen klank penetreer die gallery se eeu-oue stilte nie. 'n Suggestiewe stilte, wat miskien eens die stilte was van moontlikhede en drome soos kunstenaars en kunsliefhebbers hierdie kamers gevul het met hul vrolike gepraat en harde gelag, die mure ondooie lewe gegee het met hul verf en hul idees. Idees wat geleef het in die konteks van kunsfilosofie, en dan met hul sterfte maar net geleef het as die ego van herinnering terwyl die kunsgallery orals rondom hulle stadig maar seker verval het.
En nou is al wat oorbly die onderdrukkende en donker gevoel dat daar lewe in hierdie plek was, dat hierdie mure iets behou het wat groter as menslike verstaan was. Groter was as die individue wat elke dag sy binnestes gevul het, groter was as die klein argumente en konflikte van idees wat party dae teen sy mure geego het.
Maar behalwe die gevoel van iets groots en majestieus is daar ook die atmosfeer van verandering, soos mense hiernatoe gekom het en as ander mense gegaan het, soos die kunsgallery se vingers, bevlek met die swartste ink, elk van sy besoekers se lewe geraak het, en met hul heengane 'n donker afdruk op hul wit tingerige vel gelos het.
Totdat almal hom verlaat het. En al wat oorgebly het was die herinneringe, en die onstimulerende en onderdrukkende stilte. En nes 'n baba in stilte groei in sy ma se maag, totdat hy die een dag hard deur haar skop; en nes onkruid groei in 'n tuin wat nie onderhou word nie, so het die kunsgallery ook gegroei en verander soos die eeue alleen en stil aangestap het - met elke oomblik in sterk kontras met die gelukkigheid wat vroeër in sy kamers geheers het.
Die ou vervalle vloer kraak soos my skoene daarop druk, en aan die verdrink in die kamer se skaduwees reik ek uit na die enkele gordyn wat semi-flenters aan die een muur hang. Die gordyn val omtrent weg in my hande, en sy bloedrooi ink kom ongenooid af en laat 'n diep merk op my hande. Tussendeur pogings om in die donker skaduwees asem te haal spoeg ek op die merk, en ek vryf dan my spoeg rond in 'n poging om die gordyne se bloedrooi stempel te verwyder.
Maar dit is asof my spoeg meng met die ink en geen frenetiese vryfpoging van my kant af kan die bloedrooi merke verwyder nie. Raadop, en met albei my hande nou bloederig bevlek, laat gaan ek maar die idee van my om skoon te bly. Nou gryp ek semi-waansinnig en met 'n kinderlike gelag aan die bloedrooi gordyn, en soos 'n persoon wat besig is om te verstik aan 'n hangman se tou ruk ek woedend en woes aan die toue wat die gordyn vashou - en wanneer hulle uiteindelik hulpeloos losval onder my aanval dan trek ek die gordyn oop, en uiteindelik skuin 'n bietjie lig in die donker vertrek in.
'n Spinnekop wat in die voue van die gordyn weggekruip het skarrel verskrik dakwaarts waar die bietjie lig wat deur die vuil venster skuin nie kan uitkom nie, en vandaar sien ek net sy rooi ogies stip en met haat in my rigting staar vanuit 'n karakterlose duisternis.
Die lig laat my toe om bietjie meer van die kamer te sien, en teen twee van die mure gewaar ek vergete skilderye wat deur die afgelope paar eeue net vir die stilte hul mooiheid kon wys, en aan wie se vervalle skoonheid slegs die stilte tot hede toeskouer was. Dan gewaar ek ook die buitelyn van 'n ou marmer standbeeld in die kamer se een oorblywende skadugevulde hoek van 'n man wat depressief sit met 'n hout kierie in sy hand. Ouderdom het die eens wit marmer al laat vervuil en vlek, en dit is asof die man se depressiewe uitdrukking sy oorsprong het in die feit dat hy hulpeloos moet toekyk soos wat hy stadig en met dodelike sekerheid vergaan.
Donker trane rol by sy gesig af, en word dan een met sy swart bolyf wat al deur eeue se swamme en stof oorweldig en weggevreet is. Ek nader versigtig, en die houtvloer skreeu 'n harde weeklaag wat heen-en-weer ego deur die gallery soos wat die gemifde hout sukkel om my gewig te dra; en dan is daar 'n diep baritoon antwoord van elders in die gallery: 'n lae onmenslike geklaag wat my so laat skrik dat my hart amper gaan staan, en stadig, soos wat water met 'n handpomp gepomp word - kry ek eers na 'n paar minute my hard se vinnige doef doef onder beheer.
Die brein bevraagteken homself altyd as daar iets gebeur het wat hy nie kan verklaar nie, of hy probeer grappies maak om die boosheid van die situasie te verlig - en ek verwag so half dat iemand eweskielik uit die donkerte aangestap gaan kom met 'n glimlag op sy gesig en iets surrealisties maar vriendelik gaan sê soos "hi daar! hoe gaan dit?", of met 'n klein deuntjie wat in die agtergrond speel sê "welkom by ons kunsgallery! ta daa!", en dan vir my op 'n toer vat deur die gebou weg van my eie vrees en bangheid.
Maar al antwoord op my verwagtinge is nog stilte, behalwe vir die onsterflike ego van die wrede geklaag deur my eie brein. Ek nader en gryp die ou marmer standbeeld se kierie, meer vir die selfversekerheid van iets hê in die bang geklou van my bloedrooi hande, as vir die gedagte om die kierie as een of ander premoderne wapen te gebruik. Tog wil die kierie nie los kom uit die marmer standbeeld se bleek hande nie, en met 'n bang geruk van my kant af kom die kierie uiteindelik vry - maar nie sonder 'n bleek hand wat nog onseker daaraan vasklou nie, en wat nou grond toe val en oopbars in 'n duisend klein stukkies.
Eers met die kierie in my hand sien ek in watter goeie kwaliteit dit is, asof die vorige paar eeue alles behalwe hierdie geglaseerde stuk hout aangetas en vernietig het. 'n Fyn antieke geskryf wemel oor die oppervlakte van die kierie, maar in die swak lig kan ek dit glad nie uitmaak nie - en dit is slegs 'n oomblik na die hand se geval wat nog 'n vreesaanjaende klaag deur die klein geboutjie ego...nader hierdie keer...en ek besluit om eers 'n ander dag weer terug te kom, alhopend dat teen daardie tyd die gedierte in die donkerte al 'n ander tuiste sou gevind het.
Oppad uit, in die middel van nog 'n lang weeklaag deur die ou gemifde hout vloer, vang die een skildery my oog. 'n Landskap geverf in swart en wit, wat strek verder as wat die menslike oog kan sien. En op een van die heuwels in hierdie landskap: 'n blaarbose boom wat se takke amper pynlik na die hemel toe strek soos 'n sondaar wat smeek vir vergifnis.
Maar dan, gevries soos ek die skildery bewonder is dit asof my visie eweskielik tien keer versterk. Amper soos wat goed helderder, of duideliker is tydens 'n lang staptog - as gevolg van 'n brein wat 'n oomblik lank vry is van die konstante druk en stres van die wêreld, so is dit eweskielik asof tyd vir 'n oomblik stil staan en my oë vry word van sy eie illusies en ek die wêreld om my vir die eerste keer gewaar...
Die kleurlose geverf van die skildery kan ek eweskielik baie beter sien, en in plaas van die lang kwashale van die kunstenaar sien ek nou elke kolletjie kleur as 'n partikel. Saam met honderde ander partikels beskou, eers dan word die illusie van kwashale geskep. En dan, saam met nog duisende ander partikels, eers dan word die illusie van donkerte en lig geskep. En dan, saam met nog 'n ontelbare aantal verdere partikels - eers dan ontstaan die illusie van 'n landskap. Raam dit in 'n vierkant, hang dit aan 'n muur, en dan sit jy met 'n vasgevange ontelbaarheid van partikels wat die onsienende brein merk as "skildery", of "kuns".
Maar nou gewaar ek dat elk van hierdie partikels sy eie lewende entiteit is, elk aan die kriool tussen die karakterlose massas van partikels wat om hom beweeg. En dat hulle nie beperk is tot die vierkantvormige raam van die skildery is nie, maar dat hierdie partikels met vrye wil oor hierdie mensgemaakte grens kan beweeg, en dat hulle so maak - dat dit wat vroeër vir my as heuwels voorgekom het, eintlik 'n ontelbaarheid van partikels is wat deur vrye wil slegs in daardie area rondbeweeg en die illusie van iets wat vas en nie-lewendig is nie skep.
Maar egter is die skildery lewendig, en die heuwels beweeg op en af soos 'n onstuimige see of die asemhaling van 'n afgryslike monster wat nog vir die oomblik slaap. Maar soos ek kyk is dit asof hierdie asemhaling dieper, vinniger, en meer aggressief raak, en asof die vierkantvormige skildery nie meer hierdie woeste seë kan dra nie, en met elke piek van die onstuimige see se branders is dit asof daar derduisende partikels soos droë bloed oor die raam gedruk word en grond toe val.
Daar kyk hulle vir 'n oomblik rond totdat hulle vir my gewaar en stadig maar seker in my rigting begin skarrel. Ek is verlam deur my vrees, maar dit is ook asof ek nie my oë van hierdie partikels kan afvat nie - asof ek gehipnotiseer is deur die bose skoonheid van hulle bewegende massas. Bewegende massas wat soos hulle naderkom al hoe mooier en meer gedefinieërd raak.
Vir 'n oomblik lyk die partikels nog soos 'n kolonie miere wie se swart streep soek-soek oor die houtvloer beweeg, maar dan soos hulle nader kom verander hierdie miere in klein ontstoke demoonperdjies wat aggresief in my rigting aan die hardloop is. Onheilige groen oë kontrasteer met swart pelse, en dan as hulle uiteindelik by my uitkom dan buit vuil ongewasde monde in my rou vleis in en 'n nuutgemaakte tapyt van rooi bloed word getrek oor die ou kunsgallery se gemifde vloer.
Eers baie pyn verder oorheers die pyn die plesier wat hierdie kriolende swart sandput vir my bied. Dan staan ek verskrik op en slaan na die swart massas met die gesteelde kierie terwyl 'n lank weeklaag van pyn onbeheers deur my mond geskreeu word. Adrenalien pomp deur my are en ek vlug dieper in die donkerte van die kunsgallery in
- toe my oog die tweede skildery vang.
'n Traanblou skildery van 'n groot brander wat hom teen 'n hulpelose wit strandjie wraak. En soos ek kyk breuk hierdie brander uit die beperkings van die skildery se plat oppervlakte uit en dreig om my te omvou soos die aanval van 'n groot jellyvis. Die demoonperdjies staak vir 'n oomblik hulle hap aan my en staar met angs na die groot brander wat nou op ons almal deurkom en my dan verdrink in 'n donker mengelmoes van dooie miere en seegras.
---
Later as iemand weer die kunsgallery kom besoek dan vind hulle in 'n klein gordynlose kamertjie, met twee leë rame op die muur 'n halfverrotte lyk met spinnekopbyte en ou droë bloed orals oor die lyk se arms. Die lyk word dan sonder ondersoek begrawe, maar as iemand 'n lykskouing gehou het dan sou hulle dit vreemd gevind het dat die persoon versmoor het, en in sy longe: 'n groot aantal dooie miere.